Электронная библиотека » Gabriel Agbo » » онлайн чтение - страница 5

Текст книги "Die Krag Van Middernag Gebed"


  • Текст добавлен: 21 августа 2020, 09:00


Автор книги: Gabriel Agbo


Жанр: Зарубежная эзотерическая и религиозная литература, Религия


сообщить о неприемлемом содержимом

Текущая страница: 5 (всего у книги 18 страниц) [доступный отрывок для чтения: 5 страниц]

Шрифт:
- 100% +

Hoofstuk 7
Die Bloed van Jesus

“En hulle het hom self oorwin op grond van die bloed van die Lam en die boodskap waaroor hulle getuig het.”

Openbaring 12:11

“… Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond die Herder van die kudde geword het…”

Hebreërs 13:20

Nog ʼn baie kragtige wapen wat God aan ons gegee het is die bloed van Jesus Christus. Wanneer ʼn gelowige die bloed van Jesus pleit word hulle outomaties beskerm teen die aanvalle van Satan en sy agente. Sy bloed herinner Satan en die demone van hul nederlaag by die kruis. Die bloedvergieting van Christus aan die kruis, Sy dood, en daaropvolgende opstanding het ons teruggebring na God toe en het ook die ewige straf van Satan en sy gevalle engele verseël. Ek is seker een van die dinge waaroor die duiwel vir ewig spyt sal wees is die feit dat hy Jesus na die kruis toe gestuur het.

Trouens, die Bybel sê dat as hy (die duiwel) geweet het, sou hy nie die Here van heerlikheid vermoor het nie. Die bloed van Jesus, onbekend aan die duiwel, was wat nodig was om die ewige verbond tussen God en ons te verseël. En as jy eers daardie verbond aanroep is die duiwel ongeorganiseerd, ontwapen, en verneder. Dit is presies wat die skrif sê. Kyk na Kolossense 2:15:

“So het Hy die regeerders en gesagvoerders ontwapen. Hy het hulle in die openbaar bespotlik gemaak deur aan die kruis oor hulle te triomfeer.”

Het jy dit? Die offergawe van Jesus Christus se bloed aan die kruis het die duiwel ontwapen en verneder. So, wanneer jy die bloed van Jesus pleit, is dit presies wat jy doen. Jy neutraliseer die magte en aktiwiteite van Satan. Jy maak hom nutteloos, magteloos, en jy bring ook skande oor hom. As dit so is, sê dan vir my hoekom hy nie bewerig moet raak as hy Sy bloed sien of van hoor nie?

Kom ons kyk weer na ʼn getuienis van Evangelis E.O. Omoobajesu. Hierdie voorval het gebeur toe hy nog vir Satan gedien het:

“Toe het ek die vierde van die owerste geeste in die regering van Satan geroep, wie se naam Belial is. (Enige plek waar jy ʼn paar mense sien versamel of ʼn vergadering hou of ʼn dans party hou, en later begin hulle baklei met stoele of banke en swepe of dalk sny hulle mekaar se liggame met ʼn mes of gebreekte bottels, dit is Belial, die demoniese gees wat hulle besoek het. Dit is sy funksie in die sataniese orde, om rusies te veroorsaak, of dit nou in ʼn gesin, met vriende of selfs in ʼn gemeenskap is).

“Ek het hom beveel: ‘Gaan vorentoe en werk aan hulle om te begin veg. Ek het vir myself gesê dat hulle hulself opwekkingspredikers noem. Wanneer hulle mekaar met banke begin aanval sal dit die volgende dag hoofnuus wees in die koerante, “Herlewing word ʼn algemene bakleiery.’ ‘Gaan aan,’ het ek vir die duiwel gesê. Hy het ʼn paar vinnige treë geneem en gestop. ‘Wat is fout?’ het ek verneem. Hy het my gevra om te kom kyk en ek het in beweeg om weer te kyk. Hierdie keer het ek nie meer vuur gesien nie, maar BLOED. Die hele plek het soos ʼn slagpale gelyk waar miljoene diere vars geslag was.

“Dit was asof al die mense in die vloeiende rivier van die bloed gedompel was. Hy het vir my gesê: ‘Dit is die BLOED van die Lam van God.’ Maar omdat ek hom nie verstaan het nie, het ek hom weer gevra, spottend: ‘Jy bedoel dat God ʼn skaap het en dat Hy dit doodgemaak het en die bloed daarvan maak jou nou bang? Ek het ook skape by die huis. Ek sal dit later vir jou doodmaak, sodat jy die bloed kan drink.’ Maar hy het gesê dat dit nie so was nie.

“Hy het gesê: ‘Dit is die BLOED van die Lam van God wie die sonde van die wêreld wegneem!’ Hy het bygevoeg: ‘Niks in hierdie wêreld of in enige departement kan daardie bloed in die gesig staar in ʼn geveg nie.’ So hy het prontuit geweier om voort te gaan en ek het hom ook weggejaag.”

(Losweg vertaal)

Die Bloed van Jesus! Die bogenoemde voorval het gebeur soos die destydse agent van Satan gegaan het om ʼn herlewingsdiens deur ʼn Christen groep te stop. Hy het die duiwels ingeroep om die werk te doen, maar hulle was deur die brandende vuur van God verhinder. Hy het later ʼn gevaarliker en uiters vernietigende demoniese owerheid ingeroep – Belial (die gees van geweld, vernietiging, en ongehoorsaamheid), en die bloed van Jesus het dadelik opgedaag en die hele plek gevul. En die duiwel kon nie waag om nader te gaan nie, maar het begin om sy menslike baas in te lig oor die oorsprong, die krag, en doeltreffendheid van die bloed van Jesus. Ja, hulle weet!

Hierdie getuienis openbaar duidelik die krag in die bloed van Jesus Christus. Ons moet dit altyd gebruik om Satan en die agente van duisternis te bestry. Ek stem heeltemal met daardie demoon saam… daar is niks in hierdie wêreld of in enige departement wat die BLOED in die gesig kan staar in ʼn geveg nie! Ek is inderdaad opgewonde oor dit.

Toe ek ʼn nuwe bekeerling was, was hierdie een van die eerste lesse wat God my geleer het. Hy het ingelig dat die bloed van Jesus Christus ʼn skild vir gelowiges is en dat geen agent van Satan of demoon dit kan weerstaan nie. Ek was daardie spesifieke dag in ʼn beswyming en skielik het ek twee agente van duisternis in die kamer waar ek gebly het sien in kom. En die deure en vensters van die kamer was dadelik verseël. Elkeen van hierdie demoniese wesens het een van my hande vasgehou. Hulle het gesê dat hulle uit die donker koninkryk gestuur was om my in hegtenis te neem. Ek het onmiddellik geskree: ‘Die bloed van Jesus!’ En weet jy wat het gebeur? Hul hande was met geweld van my verwyder en ʼn krag het begin om my uit die kamer te lig.

Ek was opwaarts geskiet soos ʼn vuurpyl totdat ek verdwyn het. Voorwaar, daar is krag in die bloed van Jesus. Ons moet dit altyd gebruik wanneer ons die magte van duisternis konfronteer. Pleit die bloed om sataniese aanvalle af te wanneer jy bed toe gaan. Pleit dit elke dag voordat jy jou huis verlaat. Pleit dit oor jou kinders. Pleit dit waar ook al en wanneer ook al jy die teenwoordigheid van ʼn demoniese gees voel of as jy in enige gevaar is. Dit is baie kragtig en doeltreffend. Voorwaar, geen mag kan die bloed in die gesig staar in ʼn geveg nie!

Kyk weer na wat Emmanuel Eni sê:

“Dit gaan oor ʼn Christen wat in dieselfde taxi as ek geklim het. Hy was baie ywerig en het begin om evangelie traktaatjies in die taxi te versprei. Toe hy vir me een wou gee het ek dit verwerp. Hy het begin preek en dit het my gepla, so ek het hom met die ring aan my vinger aangeraak. Dit was veronderstel om hom dood te maak.

“Die seun het geskree: ‘Die bloed van Jesus!’ Onmiddellik het weerlig, vuur en ʼn engel verskyn. ʼn Sterk wind het my met groot geweld uit die taxi verwyder en ek het in ʼn dik oerwoud opgeëindig. As ek nie ʼn man was wie deur bose magte ondersteun was nie, kon ek in daardie woud verdwaal het.

“Die Christen het nie geweet van die oorlog wat namens hom geveg was nie. Al wat hy, en die ander passasiers, geweet het was dat ek uit die taxi verdwyn het! Die naam van Jesus of die bloed van Jesus in [van] die mond van ʼn gelowige stuur vuur, ens. uit.”

(Losweg vertaal)

Wonderlik! Daar is geweldige krag in die bloed en die naam van Jesus Christus. Nou kan ons na die volgende wapen kyk – Die vuur van God.

Hoofstuk 8
Die Vuur van God

“Want daar staan ook: ‘Ons God is ’n verterende vuur.’”

Hebreërs 12:29

“Ek doop julle wel met water as teken van julle bekering. Maar ná my kom daar Iemand wat baie belangriker is as ek – soveel belangriker dat ek nie eers goed genoeg is om soos ’n slaaf Sy sandale vir Hom aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met VUUR.”

Matteus 3:11

“Een nag stuur die koning van Aram toe ’n groot leër en baie perde en strydwaens om die dorp te omsingel. Toe die dienaar van die man van God die volgende môre vroeg opstaan en buitentoe gaan, sien hy oral net troepe, perde en strydwaens.

“Benoud roep hy vir Elisa: ‘Ag, Meneer, wat moet ons nou maak?’ ‘Moenie bang wees nie!’ sê Elisa vir hom. ‘Daar is meer aan ons kant as aan hulle kant!’ Toe bid Elisa: ‘HERE, maak tog sy oë oop sodat hy kan sien!’ Die HERE het sy dienaar se oë oopgemaak. Toe hy opkyk, sien hy dat daar baie perde en strydwaens van vuur op die heuwels rondom Elisa was.”

2 Konings 6:14-17

Nog ʼn wapen van ons stryd wat ons hier wil bespreek is die vuur van God. Die vuur van God is ʼn vreeslike ‘massavernietigingswapen’ wat God aan die Christene voorsien as ʼn wapen teen die vyand. Maar helaas, die kerk maak nie genoeg van hierdie dodelike geestelike wapen gebruik nie. Ja, ek noem dit ʼn ‘massavernietigingswapen’ (M.V.W.), want dit is dodeliker as die kern, atoom, laser– en waterstofbomme van hierdie wêreld.

Jy kan nie in verband met God wees sonder om op te merk dat vuur ʼn onmisbare kenmerk van Sy teenwoordigheid en aksies is nie. Jy sal altyd in die Bybel sien hoe vuur verband hou met die teenwoordigheid van God. Byvoorbeeld, Levitikus 9:24 sê dat:,

“Vuur wat van die HERE gekom het, het die brandoffer en die vet op die altaar verteer.”

In die boek van Openbaring 4:5 sê dit ook:

“Van die troon se kant af het daar weerligstrale, rammelings en donderslae gekom. Reg voor die troon het sewe vlammende fakkels gebrand; dit is die sewe Geeste van God.”

Daar is altyd ʼn vrystelling van vuur in die teenwoordigheid van God. Jy sal reg wees om te sê dat jy nie vuur van Sy aard, wese, en manifestasie kan skei nie. By Sy troon is daar ʼn konstante vrystelling van weerlig, donderweer, en vlamme. Wanneer Hy gelukkig is en jou offergawe wil ontvang, kom Hy met vuur. Wanneer Hy vir Sy volk wil manifesteer, kom Hy in vuur en rook. Wanneer Hy hulle uit slawerny wil lei, beskerm Hy hulle as die vuurkolom en wolkkolom. Wanneer Hy vir hulle wil veg, kom Hy met waens van vuur.

Toe Hy besluit het om die dissipels met die Heilige Gees te salf, het Hy ook met tonge soos van vuur gekom. Wanneer Hy vir Sy profete opdragte wil gee, kom Hy as ʼn brandende bos. En die vuur het gebrand sonder om die blare te brand. En wanneer Hy kwaad raak vir Sy vyande, verorber Hy hulle met vuur en swael. En, as jy onthou, God het vir die Ou Testament priesters opdrag gegee om seker te maak dat die vuur in die tabernakel nooit sou sterf nie. So, deel van Sy aard is verbranding.

God beskerm ook Sy volk met vuur. Toe die Israeliete uit Egipte gekom het, het die vuurkolom hulle in die nag gelei en dit het in ʼn wolkkolom verander in die dag. Toe die Egiptenare hulle probeer aanval het, het dieselfde pilaar van Sy teenwoordigheid teruggeval na agter die Israeliete toe en het ʼn skeiding tussen Sy mense en die aanvallers gevorm. Dit het die Israeliete beskerm want dit het dit onmoontlik gemaak vir hul agtervolgers om nader te kom. Kyk hierna:

“God se boodskapper wat die optog van Israel gelei het, het toe agter hulle gaan staan. Die wolkkolom wat voor hulle uit beweeg het, het ook agter hulle ingeskuif sodat dit gehang het tussen die plek waar die Israeliete kamp opgeslaan het en waar die Egiptiese kamp was. Dit was donker aan Egipte se kant, maar gedurende die nag was dit lig aan Israel se kant. Die twee groepe kon nie deur die nag nader aan mekaar kom nie.”

Eksodus 14:19-20

Die vuur van God was gereed om hulle dag en nag te beskerm. Dit verander volgens die tyd, omstandighede, en situasie. Maar die opdrag bly konstant – om God se mense te beskerm. Kyk na wat hier gebeur het, daar was gevaar en dit het van ʼn vuurkolom na ʼn wolkkolom verander, en die Engel van God wat saam met hulle gegaan het, het ook na die agterkant toe teruggeval. Al hierdie het onmiddellik hul vyande geblokkeer, versteur, en onbevoeg gelaat. En het jy opgelet dat die groot en finale stryd teen die Egiptenare in die aand plaasgevind het?

Ons sien ook hierdie beskerming in 2 Konings toe die profeet Elisa gebid het dat God die oë van sy dienskneg moes oop maak om diegene wat hulle beskerm te kon sien. God het sy dienskneg se oë geopen en hy het die perde en waens van vuur om sy meester gesien!

Die beskerming van God oor Sy volk is baie sterk, heel, konstant, en onneembaar. Hy maak seker dat die vyand hulle nie kan aanval of vernietig nie. Anders sou Satan al die hele mensdom weggevee het. Een van die maniere wat God gebruik om ons te beskerm is om ʼn heining van vuur om die gelowiges te bou. Die agente van Satan se koninkryk weet dit baie goed. Hulle bely dikwels dat ʼn ‘vreemde’ vuur hulle dikwels blok om toegang tot Christene te kry.

God weet hoe boos Satan en sy agente is, dus plaas Hy ʼn formidabele verdediging in die vorm van brandende vuur rondom ons. Die meeste Christene, soos Elisa se dienskneg, besef dit nie totdat God hulle oë oopmaak om dit te sien nie. Of jy dit sien of nie, dit is altyd daar; altyd gereed om jou te beskerm. In Sagaria 2:5 sê God:

“Die HERE sê: ‘Ek sal ʼn muur van vuur rondom die stad wees, my magtige teenwoordigheid sal binne-in hom wees.’” (AFR83)

Dit is God se belofte aan Sy kinders. Die Bybel sê ook dat God te midde van die vuur gepraat het. Daardie vuur het uit Sy mond gekom. Hy antwoord met vuur. En Hy is ʼn verterende vuur. En wanneer die gelowiges dit waardeer en eien sal Satan en sy donker agente altyd vlug.

Geen agent van die koninkryk van Satan (of Satan self) kan die vuur van God weerstaan nie. Dit vernietig. Dit smelt. Dit beredder. Dit verniel. Dit maak hulle onbekwaam. Dit breek af. Dit verorber. Dit veroorsaak onherstelbare skade. En dit is hoekom hulle altyd na veiligheid sal hardloop wanneer hulle dit sien.

Ons moet hierdie wapen gereeld in ons gebede en geestelike oorlogvoering gebruik. Vra altyd vir die vuur van God om af te kom wanneer jy in ʼn stryd is (ek bedoel ʼn geestelike stryd). Psalm 104:4 sê dat Hy God is:

“… wat van die winde Sy boodskappers maak, van vuurvlamme Sy dienaars.” (AFR53)

Mense wat by verlossingsbedienings betrokke is sal hierdie meer waardeer. Hulle sal dikwels duiwels sien en hoor skree, smeek, en weghardloop elke keer as die vuur van God kom. Jy sal hoor hoe hulle kerm dat hulle nie die hitte van die vuur kan weerstaan nie. Die duiwel is ook bang vir die vuur van God, want dit herinner hom aan sy ewige plek in die vuurpoel. Hy haat dit om te hoor van of herinner te word aan hierdie onherroeplike, selftoegediende, ewige, en pynlike straf wat vir hom wag.

Die Bybel sê reeds vir ons dat ons die vuurdoop van Jesus sal ontvang. Toe het Jesus self dit ondersteun toe Hy gesê het:

“Ek het gekom om vuur op die aarde te bring…”

Lukas 12:49

Kom ons begin om hierdie dodelike massavernietigingswapen te gebruik wat God aan ons beskikbaar gestel het. Hy het geweet dat ons dit altyd sal nodig hê om die bose magte van duisternis te veg.

Ek hoop jy geniet die boek tot dusver? Laat ons asseblief weet. Kom ons kyk in die volgende hoofstuk na die rol wat die engele in hierdie oorlog speel.

Hoofstuk 9
Stuur vir die Engele

“Besef jy nie dat Ek ’n ganse leërmag engele van My Vader sou kon vra en Hy sal hulle oombliklik stuur nie?

Matteus 26:53

Nog ʼn wonderlike wapen wat ons as Christene in ons geestelike arsenaal het is die engele. Engele is geweldige kragtige hemelwesens. Hulle is geestelike wesens en die boodskappers van God. Hul belangrikste taak is om God te aanbid en ook om te sien dat Sy instruksies uitgevoer word. Hulle deurkruis die aarde. Hulle help, beskerm, en bedien God se mense.

Hulle voer die meeste van die aktiwiteite tussen die hemel en die gelowiges uit, en soms ook vir die ongelowiges. Hulle is baie sterk, baie intelligent, gehoorsaam, heilig, en vinnig. Hulle kan enige deel van die heelal in sekondes bereik. ʼn Engel kan in ʼn geveg honderde duisende mense in een aand doodmaak soos ons binnekort sal sien.

Voordat ons na ʼn paar van hul aktiwiteite kyk en hoe ons hulle kan help, kom ons verstaan wat Jesus in die skrif wat ons vroeër gelees het probeer sê het. Soos Jesus en Sy dissipels uit Getsemane gekom het, het hulle Judas ontmoet wat met ʼn peloton gewapende soldate gekom het om Jesus in hegtenis te neem. En Jesus het Homself dadelik geïdentifiseer: “Dit is Ek”, en die soldate het almal op die grond geval. Daarna het Hy Homself gewillig aan hulle oorhandig. Ons het voorheen hieroor kommentaar gelewer.

Maar Petrus wou dit nie aanvaar nie. Hy het onmiddellik sy swaard uitgetrek en die oor van die hoëpriester se dienskneg afgekap. Jesus het gereageer deur vir Petrus te vra om sy swaard weg te sit, en te noem dat as Hy (Jesus) beskerming wou hê dat Hy Sy Pa kon vra om duisende engele te stuur om vir Hom te veg. Maar dit was onnodig, want dit was tyd om te doen waarvoor Hy aarde toe gekom het – om vir die sondes van die wêreld te sterf.

Trouens, die Afrikaans 1933/1953 weergawe van die bogenoemde skrif stel dit so: “Of dink jy Ek kan nie my Vader om hulp vra nie? Hy sal dadelik vir My meer as twaalf legioene engele beskikbaar stel.”

ʼn Legioen is omtrent 6 000 soldate. So, 12 legioene sal 72 000 soldate wees. So, Jesus het gesê dat as Hy wou, kon Hy vir God gevra het om vir Hom 72 000 stryd-gereed engele te gee om vir Hom te veg.

Weet jy wat die implikasie van dit is? As een engel 185 000 Assiriese soldate in net een aand kon doodmaak, kan 72 000 engele 13 320 000 000 mense in een aand doodmaak. En sê vir my, wat sou die bevolking van die wêreld dan gewees het? En hoeveel mense sou oorgebly het? Maar Jesus het nie daardie opsie gekies nie, want dit was die tydsberekening en die wil van God dat Hy vir die verlossing van die mensdom doodgemaak moes word.

Maar ons grootste belang hier is dat Jesus vir ons gewys het dat ons vir die Vader (God) kan vra om engele te stuur vir die beskerming van Sy volk en God sal dit onmiddellik doen. Wonderlik! Dink jy die kerk waardeer hierdie wonderlike waarheid?

Voordat ons na die skrif en ʼn paar persoonlike getuienisse kyk, wil ek beklemtoon dat Jesus gesê het dat Hy tot die Vader kon bid om die engele te stuur. Nie dat Hy direk aan die engele sou bid nie. Dit is die Vader wat die engele sal stuur. Maar hulle sal kom om ons te bedien, te help, te beskerm, te verdedig en vir ons te veg. Dit is baie belangrik. Deur hierdie eenvoudige feit verkeerd te verstaan het daartoe gelei dat miljoene mense engele en demoniese geeste aanbid. En die Bybel verbied dit.

Eerstens, kom ons kyk na die kere toe die engele vir die volk van God geveg het in die Bybel. Daar was ʼn tyd toe die vyand die mense van Israel gedreig het met ʼn dreigende aanval. Sanherib het teen Israel geveg en oorwin. Hulle het tonne goud en silwer as huldeblyk aan hom betaal. Hulle het die goud uit die tempel van Here gestroop om aan die aanvraag van hierdie Assiriese koning te voldoen – maar hy was nie tevrede nie.

Hy het die Israeliete, hulle koning Hiskia, en selfs hul God beledig. Hy het nie net gedreig om Israel weer in oorlog te verslaan nie, maar ook om hulle te verneder en uit hul land te verwyder.

Toe koning Hiskia van Israel al die dreigemente van die koning van Assirië hoor, het hy sy klere geskeur, in sak en as gaan sit, en na die tempel van die Here toe gegaan om te bid. Hy het die brief wat die koning van Assirië vir hom gestuur het voor die Here neergesit. Nadat hy gebid het, het God gereageer en hom verseker dat Hy vir Sy volk sou veg. En wat het gebeur? Daardie selfde aand het God het Sy engel gestuur om teen die vyande van Israel te veg en hul te verneder. Net een engel het al die soldate en hul bevelvoerder verslaan. Die grootpraterige koning Sanherib was verslaan en het in skande huis toe gehardloop. Die Bybel sê dat:

Daardie nag het die engel van die HERE na die kamp van die Assiriërs gegaan en 185 000 Assiriese manskappe doodgemaak. Toe die Assiriërs die volgende oggend wakker word, kry hulle oral net lyke. Toe het koning Sanherib van Assirië kamp afgeslaan en na sy eie land toe teruggegaan. Hy het huis toe, na sy hoofstad Nineve, gegaan en daar gebly.

2 Konings 19:35-36

Die engel het 185 000 soldate doodgemaak, die oorlewendes deurmekaar gemaak en hul bevelvoerder laat hardloop vir veiligheid. Maar het hy ontsnap? Nee! Eendag, toe hy gegaan het om sy god Nisrok te aanbid het sy twee seuns hom daar doodgemaak. Dit is presies wat gebeur wanneer God Sy engele stuur om ons oorloë namens ons te veg. Dit is altyd verwoestend vir die vyand. Die gebedstryders en, om die waarheid te sê, alle Christene moet hierdie strategie om die hemelse wesens in ons gevegte te betrek aanleer en altyd toepas.

Die demone, hekse, en selfs Satan kan soms probeer om jou te weerstaan, maar hulle hardloop altyd weg as hulle die magtige engele van God sien. En jy kan weet dat hierdie hemelse krygers gewoonlik met waens van vuur en vlammende swaarde kom om te veg. Wie sal so ʼn verskriklike gesig sien en nie weghardloop nie? Vra altyd vir God om Sy magtige engele uit te stuur om vir jou te veg wanneer jy in ʼn geveg met die koninkryk van duisternis is.

Daniël het ook die vermoëns en werksaamhede van die engele verstaan. Hy het geweet dat die engele die bekke van die leeus kon sluit. Kom ons lees Daniël 6:16-23:

“Die koning het toe beveel dat Daniël gevange geneem en in die leeuhok gegooi moet word. Hy het vir Daniël gesê: ‘Mag jou God wat jy altyd dien jou red.’ Hulle het ’n klip gebring en dit voor die ingang van die hok gesit. Die koning het dit met sy seëlring en die seël van sy vooraanstaande amptenare verseël sodat niemand daarmee kon peuter en Daniël uithaal nie. Die koning is toe terug na sy paleis toe. Hy het daardie aand niks geëet nie. Daar is nie soos gewoonlik vir hom musiek gemaak nie. Hy kon ook nie daardie nag slaap nie.

“Met dagbreek die volgende oggend het hy haastig na die leeus se hok toe gegaan. Naby die hok het hy angstig na Daniël geroep en gevra: ‘Daniël, dienaar van die lewende God, kon jou God wat jy altyd aanbid, jou van die leeus red?’

“Daniël het die koning geantwoord: ‘Mag die koning lank lewe! My God het Sy boodskapper gestuur. Hy het die leeus se bekke toegesluit sodat hulle niks aan my kon doen nie.’”

Prys die Here! Die Almagtige het Sy engel gestuur om die bekke van die leeus te sluit. Een engel het die monde van al daardie leeus gesluit! Ja, dit is hoe kragtig die engele is. Jy het nie baie van hulle nodig nie. Een is genoeg om al jou vyande stil te maak. Ek is nie verbaas dat Daniël maklik verstaan het dat dit net ʼn engel kon wees wat die monde van die gulsige leeus kon sluit. Hy het so baie ontmoetings met dié hemelse wesens gehad, so hy het geweet van hul krag en aktiwiteite.

Hy het die seldsame voorreg gehad om te weet dat die gebed van ʼn gelowige die mag het om soveel kosmiese reaksies onder sommige van die elite bonatuurlike wesens in die geesteryk te veroorsaak. Ons het in Hoofstuk 4 hieroor kommentaar gelewer toe ons gebed bespreek het. Kom ons lees net hierdie gedeelte en beweeg dan aan:

“Hy sê toe: ‘Weet jy waaroor ek na jou toe gekom het? Ek moet teruggaan om te gaan veg teen die aanvoerder van die Perse. Ek moet uittrek om te veg, want die aanvoerder van die Grieke het opgeruk. Ek moet vir jou sê wat in die Boek van die Waarheid geskryf staan. Daar is niemand wat saam met my hierdie leier kan teenstaan nie behalwe Migael, julle leier.’”

Daniël 10:20-21

Dit was ʼn hooggeplaaste engel wat ‘geklassifiseerde’ inligting aan Daniël oorgedra het. Daniël het hierdie stryd onder die geweldige geestelike wesens veroorsaak deur sy gebede. En die stryd was vir die bevryding en welstand van die kinders van God. Ons sal dit beter verstaan as God ons oë sou oopmaak om die aktiwiteite van die leër van die hemel namens ons te sien; veral wanneer ons bid of wanneer ons in gevaarlike situasies is. So, met al hierdie seldsame geestelike voorregte het Daniël geweet wat ʼn engel kon doen.

Dawid het ook geweet hoe die engele vir God se mense veg. Kyk na ʼn paar van sy gebede en stellings:

“Verneder hulle wat my lewe soek, en maak hulle tot skande. Laat hulle wat kwaad teen my beplan, in verwarring omdraai. Laat hulle wees soos kaf voor die wind wat die engel van die HERE wegblaas. Maak hulle pad donker en glibberig terwyl die engel van die HERE hulle agtervolg.

Psalms 35:4-6

“Want die Engel van die HERE hou wag oor almal wat Hom dien, en Hy red hulle.”

Psalms 34:8

Ons kan aan en aan gaan. Die aktiwiteite van die engele is oral in die Bybel, van Genesis tot Openbaring. Ons het net na ʼn paar plekke verwys waar hulle namens die kinders van God geveg het. Die gebedstryders, en alle Christene, behoort hierdie groot wapen, wat God uit genade aan ons beskikbaar gemaak het, tot hul voordeel te gebruik. Kom ek eindig hierdie hoofstuk oor die engele met ʼn persoonlike ervaring wat ek in 2001 gehad het terwyl ek ʼn kragtige demoniese gees in ʼn bevrydingsbediening gekonfronteer het:

Ek was besig om ʼn jong dame te bevry wat deur ʼn sterk, vernietigende demoniese gees besit was. Hierdie gees, wat die dame besit het deur haar verbintenis met ʼn vriend (onder andere aktiwiteite), het elke man wat ʼn verhouding met haar wou aankoop gefrustreer. Sy was lank, lieflik, en mooi, en hierdie eienskappe het mans na haar toe aangetrek. Maar as hulle eers die verhouding met haar aangeknoop het, het die slagoffers (die mans) skielik begin om probleme en ekonomiese ellende te ervaar.

Die demoon in hierdie dame het seker gemaak dat dit al hulle (die slagoffers) se bronne van inkomste geblokkeer het. Trouens, die persoon wat haar na ons kerk toe gebring het was ook ʼn slagoffer wat sy rykdom verloor het, sy motors moes verkoop het, en by sy gehuurde woonstel uitgeskop was. Hy het daarin geslaag om die oorblyfsel van sy besittings met trane na die kerk perseel toe te bring.

Nadat ons haar vir dae laat vas het, het die dag aangebreek om haar te bevry. Die duiwel in haar het elke poging wat ons aangewend het om dit uit te dryf weerstaan. Hoe meer ek dit beveel het om uit te kom, hoe meer weerstand het dit gebied, en dit het selfs begin om dreigemente te maak. Dit het vir ʼn hele ruk aangegaan en ek het vinnig onderskei dat die duiwel nie net ʼn gewone bose gees was nie, maar ʼn owerheid wat in ʼn mens ingegaan het. Dit was baie ongewoon. Presies die soort wat Jesus een keer in die skrif beskryf het as “Hierdie soort …”.

Deur God se genade het ons al verskillende soorte en vlakke van bose geeste hanteer, insluitend die draak, die koningin van die hemel ens. (en hierdie is almal taai en kragtige demoniese entiteite), maar ek het nie tevore daardie vlak van weerstand ervaar nie. Soos die demoniese gees in hierdie dame my gedreig het en nader aan my gekom het, het ek vinnig vir die Gees van God gevra wat ek volgende moes doen, want ek het geweet dit kon baie gevaarlik raak sonder Sy onmiddellike ingryping. Hy het vir my gesê om versterkings uit die hemel aan te roep. En ek het dadelik vir God gevra om Sy aartsengele te stuur om die gees in hegtenis te neem.

En, tot my verbasing, was die engele onmiddellik gestuur. In sekondes! Dieselfde persoon wat op my afgestorm het met woede en dreigemente het skielik begin sukkel met haar bene. Sy het gesmeek dat ʼn ketting om haar bene verwyder moes word en dat sy toegelaat moes word om te gaan. Natuurlik weet jy dat dit die demoon in haar was wat gesmeek het.

Daardie hardnekkige gees het oopgemaak, gekniel, en het begin om op elke opdrag te reageer terwyl dit nog met die ketting gesukkel het. Die ketting het glo sy beweging verhinder. Dit was gedwing om sy naam, waar dit vandaan gekom het, sy bedrywighede, en hoe dit die dame besit het te openbaar. Jy moes daar gewees het om te sien wat gebeur het toe ek dit uiteindelik beveel om uit die dame te kom en weg te gaan. Dit het begin om soveel onsigbare materiaal uit elke deel van die dame se liggaam te verwyder en het met geweld uitgestorm.

Toe dit uitgekom het, het die atmosfeer onmiddellik verander. Dit was inderdaad ʼn kragtige gees! Maar dit kon nie die magtige engele uit die hemel weerstaan nie. Toe ek na die tyd vir die naam van die gees gaan soek het, want dit het sy identiteit bekendgemaak, het ek uitgevind dat dit ‘Hy wie bereik het’ beteken. Stel jou voor. Alhoewel dit ʼn owerheid was het God stiptelik Sy magtige engele gestuur om dit met ʼn ketting vas te bind, dit te verneder, en weg te jaag.

Die Psalmdigter sê die volgende in Psalms 91:11-13:

“Want Hy sal Sy engele beveel om jou te beskerm oral waar jy gaan. Hulle sal jou op die hande dra sodat jy nie jou voet teen ’n klip stamp nie. Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.”

Ja, dit is baie waar wanneer God Sy engele opdrag gee om jou te beskerm. Jy sal alle magte van die koninkryk van Saan vertrap en onderdruk en hulle sal jou in geen manier seermaak nie. Begin bid dat God Sy engele sal stuur om jou te beskerm en vir jou te veg. Hulle is tot jou diens!

Die volgende wapen is vas. En dit is ʼn baie kragtige wapen.

Внимание! Это не конец книги.

Если начало книги вам понравилось, то полную версию можно приобрести у нашего партнёра - распространителя легального контента. Поддержите автора!

Страницы книги >> Предыдущая | 1 2 3 4 5
  • 0 Оценок: 0

Правообладателям!

Данное произведение размещено по согласованию с ООО "ЛитРес" (20% исходного текста). Если размещение книги нарушает чьи-либо права, то сообщите об этом.

Читателям!

Оплатили, но не знаете что делать дальше?


Популярные книги за неделю


Рекомендации